Posts

Showing posts from October, 2022

Kan die Akademie Uitnemendheid Oorleef?

Kan die Akademie Uitnemendheid Oorleef? Voordrag aan die Stellenbosch Woordfees, 13 Oktober 2022 Andrew Nash Gedurende die laaste twee dekades of meer, het die idee van uitnemendheid al hoe meer die selfbeeld en praktyk van die universiteitswese oorheers. In die proses, het dit feitlik die doel, werkswyse en kultuur van universiteit verander. Dit is moeilik om aan ‘n omwenteling te dink wat ewe vinnig plaasgevind het, ewe verreikend was, en ook so ondeurdag. Die idee en praktyk van uitnemendheid—en veral die gebruik van ranglyste waarmee die prestasie van instellings, departemente, en individuele akademici gemeet word—word nou gesien as onvermydelike riglyn vir hoër onderwys. Ek meen dat dit groot skade aanrig, en die hele toekoms van die akademie—en van intellektuele vorming en ondersoek, soos dit oor die eeue ontwikkel het—in gevaar stel. Hierdie idee van uitnemendheid het sy oorsprong in die Amerikaanse universiteitswese in die laaste dekades van die twintigste eeu. Uitnemendheid he...